© 2007 Copyright SM Visa is part of Sarie Marais Ltd. ALL rights reserved.

Welkom by SM Visa. Ons is deel van Sarie Marais Ltd

Ons het 'n reputasie van Vriendelike, vinnige, eerlike en betroubare diens. Ons poog om verder aan die reputasie te bou met elke nuwe  kliënt wat ons ontmoet.

Ons poog ten alle tye om ons fooie so laag moontlik te hou. Ons het 'n Geen Visa Geen fooi beleid. Indien u aansoek onsuksesvol is sal ons u fooi terug betaal. (Home Office fooie is nie terug betaalbaar nie)

Indien u in die VK wil kom woon en werk kan ons u help met die aansoek. Ons gekwalifiseerde raadgewers is in daaglikse kontak met die Britse Binnelandse Sake (Home Office) en bly sodoende op hoogte van sake met die nuutste verwikkelinge aangaande Visa en Immigrasie wetgewing.

Hoe ons werk.

Wanneer u ons kontak sal ons 'n paar vrae aan u stel. Ons gebruik hierdie vrae en antwoorde om u kanse vir 'n visa te oorweeg. Indien ons vermoed dat u nie sal kwalifiseer vir 'n visa nie sal ons u daarvan vertel. Daar is GEEN KOSTE hieraan verbonde nie. Ons sal u dan ook van raad kan voorsien in verband met die visa waarvooor u wel kwalifiseer.

Indien u aansoek doen vir die visa en van ons dienste gebruik maak:

Ons maak met u 'n afspraak. Of by ons kantoor in Stoke on Trent, of by u huis/kantoor. Waar ook al u op die gemaklikste voel Vir hierdie konsultasie is daar 'n £50.00 per uur (of deel daarvan)+17.5% BTV fooi betaalbaar. Konsultasie neem gewoontlik 'n uur.Hierdie fooi is nie terugbetaalbaar nie, maar word afgetrek van ons fooie  indien u van ons dienste gebruik maak met die aansoek van die visa. Maak asb seker dat u ons reels en terme lees. Ons verskaf dit aan u tydens ons eerste afspraak..

Ons fooi sowel as die "Home Office" fooie is vooruit betaalbaar.

Wanneer ons u aansoek ingestuur het sal ons u op hoogte van sake hou met die vordering van die aansoek.

Wanneer ons u dokumente terug ontvang sal ons u kontak en reel vir die afhaal of pos van die dokumente.

 

 

SM Visa is goedgekeur en word gereguleer deur die OISC (Office of Immigration Services Commisioner)
     
   
     
   
     
Logo